Saturday, September 4, 2010

VF PLUS VERWERP TSHWANESANG VAN PRETORIA SKOU





Die Vryheidsfront Plus maak as gereelde uitstaller by die Pretoria skou beswaar teen die verandering van die naam van die Pretoria skou na die Tshwane skou.

Die naam verwar skougangers en die aanspraak van die skoubestuur dat die naam "Tshwane show" aan die skou 'n internasionale geur gee is belaglik, so se mnr Philip van Staden, VF Plus leier van Pretoria.

Daar bestaan geen geografiese plek soos Tshwane nie en die skou wat 'n geskiedenis van meer as 70 jaar het, vind plaas in die hartjie van Pretoria en staan reeds sedert 1963 as die Pretoria skou bekend. Die skou loop more teen einde.

Die leier van die VF Plus in Gauteng en LPW mnr Jaco Mulder het van Staden ondersteun deur te se dat die verandering van die naam skougangers verwar en die 47 jarige tradisie effektief versmoor het. Hierdie sogenaamde strategiese besluit van die Tshwane besigheids-en landbou korporasie is kortsugtig en vervreem die tradisionele uitstallers en skougangers.

Talle skougangers het die naamsverandering by die VF Plus stalletjie veroordeel en aangedui dat hulle die skou nie weer sal ondersteun nie.

Die VF Plus was die afgelope jare met sukses in 'n hofstryd gewikkel om die behoud van die naam Pretoria. Dit is 'n skande dat die skoubestuur met soveel disrespek met die erfenis omgaan, veral nadat talle hofuitsprake en selfs die president van Suid Afrika erkenning aan die naam Pretoria gegee het, het Mulder gese.

Nog 'n suksesverhaal en gevestigde stukkie erfenis word effektief vernietig met die "Tshwanesang" van die Pretoria skou.



Philip van Staden
VF Plus Leier Pretoria
084 015 4722


Jaco Mulder LPW
VF Plus Leier Gauteng
082 466 3786

No comments:

Post a Comment