Sunday, August 29, 2010

SA WAS AL BY DOODLOOP STRAAT!


Ek is oortuig ek praat namens die meeste Suid Afrikaners as ek se die aanslag wat die ANC tans teen die media voer,hou 'n ernstige bedreiging in vir die demokratiese bestel in Suid Afrika.







Geen land kan demokraties funksioneer as die regering by die media inmeng nie.Die media is verantwoordelik om 'n regering op sy tone te hou en as die regering nie daarin slaag om die land te regeer nie,soos wat die geval met die ANC is,moet die media die publiek daaroor inlig.Suid Afrika het al die pad van mediasensuur gestap. Die apartheidsregering het die media onderdruk en Zimbabwe se Robert Mugabe doen dit vandag nog. Dis bewys dat dit nie werk nie.Die ANC moet besef hy kan nie ons demokrasie buig om hom te pas nie.Die magspel waarmee hy tans besig is,gaan nog in sy gesig ontplof. Waarom die koerante,wat demokraties hul beriggewing doen,stilmaak?

Is die ANC bang vir nog waarhede oor korrupsie wat dalk gaan uitkom?Hy moet eerder selfondersoek doen en sy beloftes teenoor sy kiesers nakom,dan hoef hy nie bang te wees om uitgestem te word nie.

Wednesday, August 4, 2010

DASPOORT TONNEL LEWENSGEVAARLIK




Die Ollie Denyschen tonnel, of soos bekend staan die Daspoort tonnel,is lewensgevaarlik vir inwoners en motoriste wat die tonnel elke dag in die Wesmoot gebruik.

Dit het onlangs aan die lig gekom dat daar in verlede maand alleen omtrent meer as 06 ernstige ongelukke in die betrokke tonnel plaasgevind het. Die jongste voorval was verlede Dinsdag toe ‘n vragmotor en ligte passasiersvoertuie in ‘n kop aan kop botsing betrokke was. Die afgelope Sondag nag om 02:00 het daar ook ‘n voertuig in die tonnel gerol. Gemeenskapsverteenwoordiger, Philip van Staden,het dringende gesprekke met die metroraad se ingeneurs oor paaie aangevra om die situasie wat besig is om hand uit te ruk te bespreek en om so gou as moontlik ‘n oplossing vir hierdie lewensgevaarlike probleem te verkry. Van Staden en die gemeenskap is bekommerd oor die hoĆ« lewenssyfer wat deur die tonnel geeis word.

Van Staden stel egter voor dat ‘n moontlike onmiddelike oplossing vir lewensverlies inwerking gestel kan word deurdat daar sementblokke soos op die N1 hoofweg in die middel van die pad binne die tonnel geplaas word om te verhoed dat voertuie mekaar in die tonnel verbysteek. ‘n Langtermyn maar nie onmiddelike oplossing sal wees dat die tonnel drasties opgegradeer word volgens internasionale standaarde en dat die waaier stelsel in die tonnel wat rook in die tonnel uitblaas na buite so gou as moontlik herstel moet word en dat die beligting in die tonnel dringend verskerp moet word. Tans is die tonnel vol baie rook en gasse agv die waaiers wat al vir jare nie werk nie en is die tonnel ook stikdonker agv die beligting wat glad nie inwerking is nie. ‘n Moontlike oplossing,maar wat defnitief die verkeerloei deur die tonnel gaan vertraag,is dat ‘n robot stelsel aan weerskante vd tonnel aangebring word en dat slegs voertuie uit een bepaalde rigting op ‘n slag deurgelaat kan word soos by die tonnel by die Hartebeespoortdam. Spoedhobbels voor die tonnel se ingange is egter nie moontlik nie agv die swaar verkeer wat die tonnel pad dra.Die tonnelpad word egter as ‘n klas 3 pad geklassifiseer.

Van Staden noem ook dat indien jy deur die tonnel vanaf Danville se kant na Tuine se kant beweeg die pad ‘n groot ramp maak en dat dit ook ongelukke veroorsaak. Hierdie ramp in Bremerstraat se kant moet ook prober gelyk gemaak word. Aangesien die tonnel ook baie voetgangers dra moet die reelings aan weerskante binne die tonnel ook vervang en versterk word. Die opgradering van die tonnel is uiters noodsaaklik en gebruikers van die tonnel sal indien die opgradering gaan plaasvind van ‘n alternatiewe roete gebruik moet maak. Daar gaan gevra word dat die tonnel gesluit moet word totdat die opgradering en herstel afgehandel is.Daar is ook water wat die tonnel binnesypel vanaf die berg en dit is moontlik dat daar na die konstruksie van die tonnel gekyk moet word.

“Om die tonnel te sluit vir ‘n bepaalde tyd is beter as wat daar nog mense in die tonnel hulle lewens verloor. Skoolkinders loop bedags deur die tonnel na hulle skole en ek is nie bereid om toe te laat dat ‘n kind sy/haar lewe in die tonnel verloor agv ‘n voertuig wat teen ‘n ander bots nie. Geen lewe is dit werd nie. Ons sal aandring dat wat gedoen moet word om die tonnel te beveilig gedoen moet word en as dit beteken dat mense bedags van ander roetes gebruik moet maak dan moet dit so gebeur. ‘n Lewe is meer werd as om die gevaar van die tonnel langer toe te laat.” Philip van Staden.

Van Staden gaan ook ‘n versoek aan die metro polisie rig om gereelde sigbare polisiering aan weerskante van die tonnel te plaas om jaagduiwels behoorlik vas te vat.







Mnr Philip van Staden
VF Plus Streekleier Pretoria
Gemeenskapsverteenwoordiger Wesmoot Pretoria
Wykskomitee lid Pretoria
Tel: (012) 665 0564
Epos: Philip@vf.co.za