Saturday, June 26, 2010

GWEN RAMAKGOPA MOET BEDANK

Die kop van die Pretoria/Tshwane burgermeester, Dr Gwen Ramakgopa, word geeis nadat dit vanoggend op die voorblaaie van die koerante gepryk het dat haar besoek aan Kopenhagen in Desember 2009 die stad se belastingbetalers R600 000-00 gekos het.

Ramakgopa is in Desember in 2009 na Kopenhagen toe om die beraad oor klimaatsverandering te gaan bywoon en inruil hiervoor kon daar net ‘n drie bladsye verslag gister, ses maande na die tyd, aan die raad voorgelê word. In reaksie hierop het Philip van Staden, Streeksleier van die VF Plus in Pretoria,gesê dat Dr Ramakgopa duidelik onbevoeg is om die stad te regeer en dat haar prioriteite nie reg is nie. Van Staden voeg egter by dat die R600 000-00 eerder aangewend kon geword het om die behuisingskrisis in die stad op te los deur vir die arm mense huise te bou wat tans woonagtig is in wendyhuisies en plakkerskampe. “ Die burgermeester is vinnig om mense wat aan arm mense behuising dmv wendyhuisies agter in hul erwe voor die hof te daag en te vervolg maar sy mors R600 000-00 onnodig aan ‘n sinnelose “vakansie” .”

Van Staden het egter bygevoeg dat die burgermeester se bedanking dadelik geeis word en dat sy vervolg moet word. “ Hierdie vermorsing van belasting geld is niks minder nie as diefstal nie.”

Mnr Philip van Staden
STREEKLEIER VF PLUS PRETORIA
WYKSKOMITEE LID PTA

Thursday, June 24, 2010

ANC HET GEEN BENUL VAN BESTUUR



Die Streek leier van die VF Plus in Pretoria, Mnr Philip van Staden, het vandag die VF Plus se raadslede in die Pretoria/Tshwane metroraad geondersteun vanuit die openbare gallery tydens die algemene raadsvergadering van die metro raad.

Van Staden het tydens die etensuur die VF Plus se raadslede geloof vir hulle harde werk in die metro en hulle daarop gewys dat hulle ware staatmakers en ‘n aanwins vir die VF Plus en die inwoners van Pretoria is. Hierdie was die eerste raadsvergadering wat Van Staden as die nuwe streekleier in Pretoria bygewoon het.

Van Staden het dit ook genoem dat die ANC in Pretoria egter geen benul het hoe om die stad te bestuur nie. “ Net om na die debatte te sit en luister vanuit die openbare gallery is dit duidelik dat die ANC nie die belange van die inwoners van Pretoria op die hart dra nie. Ek is egter telleurgesteld dat die burgermeester, Dr Gwen Ramokgopa, nie by die vergadering teenwoordig was nie aangesien sy die arm inwoners van die stad nog ‘n antwoord skuld op die behuisingskwessie in die westelike gedeelte van die stad.”





Van Staden het genoem dat dit duidelik is dat die ANC net besig is om die noordelike gedeelte van die stad te ontwikkel terwyl die res van die stad stil staan. Hy het genoem dat daar na die hele Pretoria/Tshwane omgesien moet word en dat vooruitgang in alle dele van Pretoria moet plaasvind.


Mnr Philip van Staden
Streekleier VF Plus Pretoria
Wykskomitee lid Pretoria

Saturday, June 19, 2010

ONS MOET BEGIN BOU AAN "N DROOM

Ons moet weer begin bou aan 'n droom. Ek droom van die dag wat ons almal weer vry kan wees, ek droom van die dag wat ons kinders weer werk kan kry sonder om gekritiseer te word omdat hulle wit is of die skuldlas wat hulle onskuldig dra van die verlede,ek droom van die dag wat elke polisiestasie in hierdie land se deure met kettings gesluit gaan wees want daar is nie meer misdaad nie, ek droom van die dag wanneer ons armes en ons taal nie meer in die grond vertrap word nie, ek droom van die dag dat elke landsburger 'n huis sal besit en 'n volhoubare inkomste sal he,ek droom van die dag dat die politici van die verlede wat hierdie skuldlas aan ons bemaak het die gevolge sal moet dra, ek droom van die dag dat ons 'n volwaardige land sal wees sonder sy hongersnood en plaasmoorde ek droom van die dag dat ons weer ons moue sal oprol en skouer aan die wiel sal sit en mekaar help.
Ek droom van die dag wanneer ons die ware vlag oor SA sal laat wapper. Die vlag wat nie besmet is met moord,roof,verkragting,kin
derprostetusie,korrupsie en armoede nie.
Dan eers sal ons waarlik vry wees.

Monday, June 14, 2010

Van Staden VF Plus- Leier in Pretoria


JAN-JAN JOUBERT IN KAAPSTAD (Rapport 13 Junie 2010 )
Die VF+ het gister ’n nuwe streekleier vir Pretoria aangewys, en dit was die gemeenskapswerker mnr. Philip van Staden van die Wes-Moot wat die bekende taalstryder dr. Dan Roodt ore aangesit het.

Die verkiesing het gister in die Centurion-stadsraad saal plaasgevind om die vakature te vul wat gelaat is deur die eertydse LP van die VF+, mnr. Willie Spies, wat onlangs uit die party bedank het.

Van Staden het die meeste stemme getrek, gevolg deur Roodt en ’n derde kandidaat, mnr. Vorster Gauche. Die presiese uitslag is nie bekend gemaak nie.

Mnr. Peet van der Merwe is in Van Staden se plek tot ondervoorsitter van die streek verkies.

Van Staden het in 2008 bekendheid verwerf toe hy die DA-meerderheid in Tshwane wyk 55 (Booysens, Claremont, Tuine, Danville, Elandspoort en aanliggende hoewes) van meer as 3 000 na 143 laat krimp het in ’n tussenverkiesing.

Ná sy verkiesing het Van Staden aan Rapport gesê dit is tyd dat die VF+ in die Pretoria-streek ’n nuwe rigting inslaan.

“Ons was die afgelope tyd leierloos nadat mnr. Spies bedank het. Dit is belangrik dat ons alles wat ons doen, doen in belang van die kieser, wie se regte vertrap word.”

As doelwit vir aanstaande jaar se munisipale verkiesing het Van Staden gesê die VF+ moet wyke in die Tshwane-metroraad wen.

Tuesday, June 8, 2010

Gemeenskap en VF Plus wen wendy-huisie saak

Die Vryheidsfront Plus in die Wesmoot van Pretoria tesame met die gemeenskap het die saak rondom die wendy huisies,waarin arm mense woon, gewen.


Die Pretoria Metroraad het verlede jaar November vir Mev Magda Stroebel en Mnr Johan Brummer aangekla omrede hul behuising aan arm mense verskaf dmv wendyhuisies agter in hul erwe. Mev Stroebel en Mnr Brummer het op 25 Mei 2010 in die hof verskyn waarop die VF Plus se regsverteenwoordiger,Mnr Roelof vd Merwe,betoog het dat daar ‘n geweldige behuisingskrisis in die Wesmoot is en dat daar ongeveer 5000 mense sonder behuising sit. Die saak is toe uitgestel na 20 Julie 2010. Die Vryheidsfront Plus se regsverteenwoordiger het gister die VF Plus asook die aangeklaagdes ingelig dat die Pretoria Metroraad die saak formeel teruggetrek het en dat vervolging gestaak is.


Die gemeenskap en die VF Plus beskou hierdie as ‘n baie groot oorwinning vir die huislose mense. Die VF Plus gaan nou in alle erns druk op die regering plaas om behuising aan die mense te verskaf aangesien die grondwet van die Republiek van Suid Afrika artikel 26 paragraaf (1) dit baie duidelik stel dat elke persoon die reg het tot voldoende behuising. Die VF Plus se verteenwoordiger in die Wesmoot,Mnr Philip van Staden, het daarop gewys dat die reg sy gang gegaan het en dat die besluit van die Pretoria Metroraad om die saak terug te trek bewys dat die staat geen geldige redes vir die vervolging gehad het nie.


Mnr Philip van Staden
Wykskomitee lid wyk 01 Pretoria
Gemeenskapsverteenwoordige
r Wesmoot Pta
VF Plus verteenwoordiger Wesmoot Pta

Tuesday, June 1, 2010

So baie om voor dankbaar te wees!

Ons as mense het so baie om voor dankbaar te wees maar ons vergeet elke dag van die voorregte wat ons as "gewone" mense geniet wat gestremde mense nie kan geniet nie.

Ek sit nou vanaand en kyk na Robinson regstreeks op DSTV kanaal 111 en ek was verbaas wat die gestremde mense daar kwyt geraak het. "Ek is gelukkig". Dit is die antwoord van hulle almal. Die grootste prestasie vir die gestremdes waarmee vanaand op die program gesels is,is die feit dat die persoon dalk self sy hemp kan aantrek,iets wat vir ons alledaags is,of die grootste prestasie vir die dag was dat die persoon nie kos op hom gemors het nie. Elke oggend wanneer ons opstaan kla ons dalk oor die lang en moeilike dag wat mag voorlê en kla ons as ons in die verkeer vas sit,maar daar is werklik mense daarbuite wat daarna smag om die dinge deur te maak wat ons elke dag deurmaak.

Hierdie mense smag na die lewe wat ons elke dag geniet en tog kla ons so oor alles. Die syfer wat vanaand genoem is is dat 2miljoen mense in Suid Afrika gestremd is. Hierdie mense moet egter ten duurste betaal vir rolstoele en kunsbene ens. 'n Fiets waarmee 'n gestremde kan ry wat die persoon met sy hande trap kos nagenoeg R60 000-00. Dit is wat ons vir 'n goedkoop motor sal betaal. Raymond Nortje is 'n jong man in ons gemeenskap wat nou besig is met matriek en alreeds beide sy bene verloor het as gevolg van 'n seldame siekte. Net twee ordentlike kunsbene waarmee hy kan yskaats en krieket speel kos oneveer R140 000-00. Sy ouers beskik egter nie oor hierdie finansies nie en ons is al die afgelope paar maande besig om vir hom 'n trustfonds op die been te bring. Raymond het egter nie in sak en as gaan sit nie maar is besig om sy matriek klaar te maak in 'n gewone skool, Tegniese skool Pretoria Tuine, en hy gaan verder studeer na sy matriek.

Laat hierdie mense vir ons 'n inspirasie wees en laat ons elke dag dankbaar wees vir elke liewe dingetjie in ons lewens. Self al tel jy net die lepel op om mee te kan eet of die feit dat jy jou hemp se knope self kan vasmaak.

Ons het so baie om voor dankbaar te wees.