Thursday, June 24, 2010

ANC HET GEEN BENUL VAN BESTUUR



Die Streek leier van die VF Plus in Pretoria, Mnr Philip van Staden, het vandag die VF Plus se raadslede in die Pretoria/Tshwane metroraad geondersteun vanuit die openbare gallery tydens die algemene raadsvergadering van die metro raad.

Van Staden het tydens die etensuur die VF Plus se raadslede geloof vir hulle harde werk in die metro en hulle daarop gewys dat hulle ware staatmakers en ‘n aanwins vir die VF Plus en die inwoners van Pretoria is. Hierdie was die eerste raadsvergadering wat Van Staden as die nuwe streekleier in Pretoria bygewoon het.

Van Staden het dit ook genoem dat die ANC in Pretoria egter geen benul het hoe om die stad te bestuur nie. “ Net om na die debatte te sit en luister vanuit die openbare gallery is dit duidelik dat die ANC nie die belange van die inwoners van Pretoria op die hart dra nie. Ek is egter telleurgesteld dat die burgermeester, Dr Gwen Ramokgopa, nie by die vergadering teenwoordig was nie aangesien sy die arm inwoners van die stad nog ‘n antwoord skuld op die behuisingskwessie in die westelike gedeelte van die stad.”





Van Staden het genoem dat dit duidelik is dat die ANC net besig is om die noordelike gedeelte van die stad te ontwikkel terwyl die res van die stad stil staan. Hy het genoem dat daar na die hele Pretoria/Tshwane omgesien moet word en dat vooruitgang in alle dele van Pretoria moet plaasvind.


Mnr Philip van Staden
Streekleier VF Plus Pretoria
Wykskomitee lid Pretoria

No comments:

Post a Comment