Tuesday, June 1, 2010

So baie om voor dankbaar te wees!

Ons as mense het so baie om voor dankbaar te wees maar ons vergeet elke dag van die voorregte wat ons as "gewone" mense geniet wat gestremde mense nie kan geniet nie.

Ek sit nou vanaand en kyk na Robinson regstreeks op DSTV kanaal 111 en ek was verbaas wat die gestremde mense daar kwyt geraak het. "Ek is gelukkig". Dit is die antwoord van hulle almal. Die grootste prestasie vir die gestremdes waarmee vanaand op die program gesels is,is die feit dat die persoon dalk self sy hemp kan aantrek,iets wat vir ons alledaags is,of die grootste prestasie vir die dag was dat die persoon nie kos op hom gemors het nie. Elke oggend wanneer ons opstaan kla ons dalk oor die lang en moeilike dag wat mag voorlĂȘ en kla ons as ons in die verkeer vas sit,maar daar is werklik mense daarbuite wat daarna smag om die dinge deur te maak wat ons elke dag deurmaak.

Hierdie mense smag na die lewe wat ons elke dag geniet en tog kla ons so oor alles. Die syfer wat vanaand genoem is is dat 2miljoen mense in Suid Afrika gestremd is. Hierdie mense moet egter ten duurste betaal vir rolstoele en kunsbene ens. 'n Fiets waarmee 'n gestremde kan ry wat die persoon met sy hande trap kos nagenoeg R60 000-00. Dit is wat ons vir 'n goedkoop motor sal betaal. Raymond Nortje is 'n jong man in ons gemeenskap wat nou besig is met matriek en alreeds beide sy bene verloor het as gevolg van 'n seldame siekte. Net twee ordentlike kunsbene waarmee hy kan yskaats en krieket speel kos oneveer R140 000-00. Sy ouers beskik egter nie oor hierdie finansies nie en ons is al die afgelope paar maande besig om vir hom 'n trustfonds op die been te bring. Raymond het egter nie in sak en as gaan sit nie maar is besig om sy matriek klaar te maak in 'n gewone skool, Tegniese skool Pretoria Tuine, en hy gaan verder studeer na sy matriek.

Laat hierdie mense vir ons 'n inspirasie wees en laat ons elke dag dankbaar wees vir elke liewe dingetjie in ons lewens. Self al tel jy net die lepel op om mee te kan eet of die feit dat jy jou hemp se knope self kan vasmaak.

Ons het so baie om voor dankbaar te wees.

No comments:

Post a Comment