Tuesday, May 25, 2010

GEMEENSKAP IN HOF OOR WENDYHUISIES AAN ARMES

Twee gemeenskapslede van die Wesmoot het vandag in die hof verskyn omrede hul vir huislose mense behuising dmv wendyhuisies verskaf.

Die twee aangeklaagdes, Mev Magda Stroebel en Mnr Johan Brummer,is deur die Tshwane metroraad voor die hof gedaag om hierdie huisies af te breek of om swaar boetes en tronkstraf in die gesig te staar. Die twee aangeklaagdes het die VF Plus in die Wesmoot vir hulp genader waarna die VF Plus se regsverteenwoordiger, Mnr Roelof van der Merwe, die saak behartig het. Mnr van der Merwe het vandag namens Stroebel en Brummer betoog en die landdros daarop gewys dat indien die Metroraad sou voortgaan om mense uit wendy huisies te sit die gemeenskap van die Wesmoot met nagenoeg 5000 inwoners op straat gaan sit. Die landros het daarna beveel dat die saak uitgestel moet word tot 20 Julie 2010 met vertoƫ.

VF Plus verteenwoordiger in die Wesmoot, Mnr Philip van Staden, wat by die saak namens die gemeenskap betrokke is het dit vandag weereens gestel dat mense nie sommer uit huise uitgesit kan word nie en dat die VF Plus in die Wesmoot alles in sy vermoĆ« sal doen om alle uitsettings in die Wesmoot te keer. “Mense het ‘n grondwetlike reg op behuising en alvorens mense uitgesit kan word moet die staat eers alternatiewe behuising vir die mense verskaf.” Van Staden het ook meegedeel dat protes optrede rondom die behuisingskwessie in die Wesmoot drasties opgeskerp gaan word.


Mnr Philip van Staden
Wykskomitee lid wyk 01 Pretoria
VF Plus verteenwoordiger Wesmoot Pretoria
VF Plus ondervoorsitter Pretoria Streek

No comments:

Post a Comment