Tuesday, June 8, 2010

Gemeenskap en VF Plus wen wendy-huisie saak

Die Vryheidsfront Plus in die Wesmoot van Pretoria tesame met die gemeenskap het die saak rondom die wendy huisies,waarin arm mense woon, gewen.


Die Pretoria Metroraad het verlede jaar November vir Mev Magda Stroebel en Mnr Johan Brummer aangekla omrede hul behuising aan arm mense verskaf dmv wendyhuisies agter in hul erwe. Mev Stroebel en Mnr Brummer het op 25 Mei 2010 in die hof verskyn waarop die VF Plus se regsverteenwoordiger,Mnr Roelof vd Merwe,betoog het dat daar ‘n geweldige behuisingskrisis in die Wesmoot is en dat daar ongeveer 5000 mense sonder behuising sit. Die saak is toe uitgestel na 20 Julie 2010. Die Vryheidsfront Plus se regsverteenwoordiger het gister die VF Plus asook die aangeklaagdes ingelig dat die Pretoria Metroraad die saak formeel teruggetrek het en dat vervolging gestaak is.


Die gemeenskap en die VF Plus beskou hierdie as ‘n baie groot oorwinning vir die huislose mense. Die VF Plus gaan nou in alle erns druk op die regering plaas om behuising aan die mense te verskaf aangesien die grondwet van die Republiek van Suid Afrika artikel 26 paragraaf (1) dit baie duidelik stel dat elke persoon die reg het tot voldoende behuising. Die VF Plus se verteenwoordiger in die Wesmoot,Mnr Philip van Staden, het daarop gewys dat die reg sy gang gegaan het en dat die besluit van die Pretoria Metroraad om die saak terug te trek bewys dat die staat geen geldige redes vir die vervolging gehad het nie.


Mnr Philip van Staden
Wykskomitee lid wyk 01 Pretoria
Gemeenskapsverteenwoordige
r Wesmoot Pta
VF Plus verteenwoordiger Wesmoot Pta

No comments:

Post a Comment