Saturday, June 26, 2010

GWEN RAMAKGOPA MOET BEDANK

Die kop van die Pretoria/Tshwane burgermeester, Dr Gwen Ramakgopa, word geeis nadat dit vanoggend op die voorblaaie van die koerante gepryk het dat haar besoek aan Kopenhagen in Desember 2009 die stad se belastingbetalers R600 000-00 gekos het.

Ramakgopa is in Desember in 2009 na Kopenhagen toe om die beraad oor klimaatsverandering te gaan bywoon en inruil hiervoor kon daar net ‘n drie bladsye verslag gister, ses maande na die tyd, aan die raad voorgelĂȘ word. In reaksie hierop het Philip van Staden, Streeksleier van die VF Plus in Pretoria,gesĂȘ dat Dr Ramakgopa duidelik onbevoeg is om die stad te regeer en dat haar prioriteite nie reg is nie. Van Staden voeg egter by dat die R600 000-00 eerder aangewend kon geword het om die behuisingskrisis in die stad op te los deur vir die arm mense huise te bou wat tans woonagtig is in wendyhuisies en plakkerskampe. “ Die burgermeester is vinnig om mense wat aan arm mense behuising dmv wendyhuisies agter in hul erwe voor die hof te daag en te vervolg maar sy mors R600 000-00 onnodig aan ‘n sinnelose “vakansie” .”

Van Staden het egter bygevoeg dat die burgermeester se bedanking dadelik geeis word en dat sy vervolg moet word. “ Hierdie vermorsing van belasting geld is niks minder nie as diefstal nie.”

Mnr Philip van Staden
STREEKLEIER VF PLUS PRETORIA
WYKSKOMITEE LID PTA

No comments:

Post a Comment