Saturday, September 4, 2010

METRO SE BESOEK AAN WESMOOT SINNELOOS





Die besoek van burgermeesterskomitee lede die afgelope week aan die Wesmoot Pretoria was ‘n sinnelose besoek gewees.

Hierdie besoek vind egter elke jaar plaas,die Staatspresident het die gebied al twee keer besoek en nooit gebeur daar enige iets van die beloftes wat deur hulle gemaak word nie. Volgens Mnr Philip van Staden,Streekleier vd VF+ Pta en Gemeenskapsverteenwoordiger,is die probleme in die gebied al verskeie kere met die burgermeester bespreek maar geen reaksie kom ooit van haar kant af nie. Van Staden het ook die inwoners ingelig dat die Raadslid vir die gebied,Mev Suzette Fourie,se aanhaling die afgelope week dat die gemeenskap tydens die huidige bedeling afgeskeep word wel waar is maar dat Raadslid Fourie en haar voorganger die afgelope 16jaar nie veel aandag aan die gebied gegee het nie. Volgens Van Staden is Fourie net daar om na haar eie belange om te sien en spring sy nou skielik op die wa om kwessies te probeer oplos omrede dit aanstaande jaar weer munisipale verkiesing is. Van Staden het ook genoem dat Raadslid Fourie in 2008 verkies is maar nog nie ‘n steek werk in die gemeenskap gedoen het nie. Sedert Fourie se verkiesing in 2008 het die gebiede van Booysens en Claremont en Danville net meer agteruitgegaan nadat sy die kiesers in 2008 belowe het dat sy die gebied sou regruk.



Van Staden het ook genoem dat die burgermeester moet begin om verantwoordelikheid te aanvaar vir die feit dat nagenoeg 5000 mense in wendyhuisies en kamers woon asook plakkers wat sonder enige water en sanitasie woon. “Hierdie is ‘n gruwelike skending van die mense se regte en dit hou ook ‘n gevaar in vir die omgewing asook vir die gesondheid van die gemeenskap.”

Van Staden het ‘n dringende beroep op die burgermeester van Pretoria,Dr Gwen Ramakgopa, asook die raadslid vir die gebied,Suzette Fourie,gedoen om indringend hierdie kwessie te prober oplos en moet begin omsien na die belange van inwoners en nie na hul eie belange nie.






Mnr Philip van Staden
VF Plus Streekleier Pretoria
Gemeenskapsverteenwoordiger Wesmoot Pretoria
Wykskomitee lid Pretoria
Tel: (012) 665 0564 / 084 015 4722
Epos: Philip@vf.co.za

No comments:

Post a Comment