Tuesday, September 7, 2010

VF PLUS BEDANK UIT WESMOOT SE WYKSKOMITEES

Die Vryheidsfront Plus in die Wesmoot van Pretoria se twee wykskomiteelede, mnr Philip van Staden en mnr Philip du Bruyn, wat onderskeidelik op Wyk 55 en Wyk 01 wykskomitees gedien het, het vandag hul bedankings uit die komitees aangekondig.

Hierdie stap volg na maande se wroegings of dit nog die moeite werd is om op hierdie komitees te dien. Die redes vir die twee verteenwoordigers se bedankings is die volgende:

• Mnr du Bruyn van Wyk 55 voer aan dat daar geen belangstelling vanaf die DA raadslid Suzette Fourie in die vergadering is nie asook van die 9 ander komiteelede.
• Mnr du Bruyn is sedert Augustus 2009 reeds ‘n wykskomiteelid en slegs 5 van die 10 komiteelede woon die vergaderings maandeliks by wat veroorsaak dat daar nooit ‘n kworum teenwoordig is nie en dat vergaderings egter nie kan voortgaan met hulle take nie. Die komitee is egter dormand.
• Probleme wat deur mnr du Bruyn aan raadslid Suzette Fourie deurgegee word, word egter nie aandag aan gegee nie.
• Raadslid Suzette Fourie gee egter net aandag aan een klein deel van Wyk 55 naamlik Danville en Elandspoort.

Mnr Van Staden van Wyk 01 se redes is egter die volgende:

• Mnr van Staden is reeds sedert 2006 ‘n lid van die komitee en herkies in 2008 maar is uiters gefrustreerd oor raadslid Piet Fourie se werkinge in die wyk.
• Van Staden dien egter elke jaar ‘n geïntegreerde ontwikkelingsplan vir die betrokke wyk in by die komitee maar niks word aan die plan gedoen nie.
• Wykskomiteevergaderings is ‘n mors van tyd aangesien daar elke maand oor dieselfde kwessies gepraat word maar dit vorder ook nie verder nie.
• Inwoners kontak die raadslid oor verskeie klagtes maar niks word aan die klagtes gedoen nie. Van Staden moet dan inspring en die inwoners probeer gelukkig hou.

Van Staden en Du Bruyn kry op die stadium meer reg buite die werking van die wykskomitees as binne die raamwerk van die komitees. Van Staden het genoem dat hierdie komitees egter geen besluitnemingsmagte het nie en dit is daarom sinneloos om elke maand oor kwessies van minder belang te vergader, dit terwyl die inwoners nie kos het om te eet of huise het om in te bly nie.

Van Staden en Du Bruyn sal egter nog steeds buite die komitees hard werk om die welstand van die inwoners en die gemeenskap te verbeter.


Mnr Philip van Staden
VF Plus Streeksleier Pretoria
VF Plus Verteenwoordiger Wesmoot Pretoria
Tel: 084 015 4722

Mnr Philip du Bruyn
VF Plus Takvoorsitter Wesmoot Pretoria
Tel: 083 745 2131

No comments:

Post a Comment