Monday, September 20, 2010

ONWETTIGE GRONDBESETTER LOOP SY RIEME STYF





‘n Onwettige grondbesetter in Marketstraat, Booysens, Pretoria het sy rieme lelik styf geloop nadat hy die afgelope Donderdag voor die Hooggeregshof in Pretoria gedaag is.

Die saak is verlede maand onder die aandag van Philip van Staden, VF Plus-gemeenskapsverteenwoordiger en streekleier in Pretoria, gebring nadat die inwoners langs die erf gekla het oor die riool wat oorloop asook onwettige kragkabels wat aangelê is vanaf ‘n ander eiendom langs die erf. Van Staden het dadelik ondersoek ingestel en die metroraad se inspekteurs is ontbied. Die betrokke erf is wel omhein, maar dis egter grond wat aan die Pretoria/Tshwane-metroraad behoort. Die onwettige besetter het reeds al verlede jaar ‘n huis op die erf gebou sonder dat die metroraad bewus was daarvan.

In ‘n skrywe wat Van Staden vandag vanaf die metroraad se advokate ontvang het, is Van Staden meegedeel dat die nodige hofdokumente by die hof ingehandig is en dat die betrokke persoon aangekla word van onwettige besetting van die erf, wet 19 van 1998, asook onwettige bouery op die erf volgens die nasionale bouregulasies en wet 103 van 1997.

Van Staden het in sy reaksie hierop gesê dat geen persoon die reg het om grond onwettig te beset nie en dat die nodige stappe geneem sal word indien dit wel gebeur.



Philip van Staden
Kontaknommers: (012) 665 0564

No comments:

Post a Comment