Saturday, September 4, 2010

METRO POLISIE HOOF SE UITSPRAKE IS GEVAARLIK




Die uitsprake die afgelope week van die Pretoria Metropolisie se hoof van proaktiewe polisiering,Direkteur Ndumiso Jaca,tydens die roudiens van die metropolisie lid,Sersant Mogale,is gevaarlik. Mogale is na bewering vermoedelik deur die Bloubul rugbyspeler,Bees Roux,aangerand en ter dood agtergelaat.

Die Streekleier van die VF Plus in Pretoria, Mnr Philip van Staden,het gewaarsku dat Direkteur Jaca se uitsprake kan lei tot uiterste rasse haat teenoor blankes in Suid Afrika en dat hierdie uitsprake gelykstaande is aan die destydse uitsprake van die ANC jeugleier,Julius Malema se Shoot the boere. “Om in die openbaar ‘n man te dreig wat nog nie eers deur die hof skuldig bevind is nie,is ‘n ernstige probleem en Direkteur Jaca gee duidelik hier ‘n teken van ‘n dreigende en diskriminerende houding.”

Die Vryheidsfront Plus versoek dat Direkteur Jaca dadelik hierdie uitsprake terug trek en indien Jaca dit nie doen nie daar dadelik teenoor hom dissipliner opgetree moet word. Van Staden het ook genoem dat die uitsprake van Jaca in die openbaar uiters onverantwoordelik is.

Mnr Philip van Staden
STREEKLEIER VF PLUS PRETORIA
Tel: 084 015 4722

No comments:

Post a Comment