Friday, September 24, 2010

VALSE BERIGGEWING OOR TUKS SR-VERKIESING:REGSTELLING


Die Vryheidsfront Plus verskaf hiermee die korrekte uitslag van die Universiteit van Pretoria se studenteraadsverkiesing. ‘n Persverklaring deur AfriForum wat ‘n foutiewe beeld skep van die verkiesing se uitslag het tot valse beriggewing oor verkiesing gelei.



Die verkiesingstelsel vir verteenwoordiging op die Universiteit van Pretoria se studenteraad (SR) is sodanig dat verteenwoordigers vanuit verskeie fakulteite, verenigings en koshuise verkies word. Die totale setels wat partye of groeperings wen bepaal wie die grootste party in die SR is.
Die korrekte inligting is as volg:



1. SASCO is die grootste party met 22 setels;

2. Die setels van ander partye is as volg: VF+ 14 setels, Afriforum 17 setels, DA 5, Cope 3 en ander groepe 4 setels.

Die persverklaring deur Afriforum fokus op ‘n klein deel van die verkiesing (nl. verenigings en koshuise) en maak dan aanspraak op ‘n oorwinning, wat vals is.



Volgens mnr Jaco Mulder, VF+ leier in Gauteng, is dit wel verblydend dat die twee groeperinge wat die belange van Afrikaanse studente op die kampus verteenwoordig ‘n oorweldigende meerderheid behaal het.

“Wat jammer is, is dat die deelname van Afriforum tot ‘n verdeling van stemme gelei het wat veroorsaak dat SASCO die grootste party in die SR is. Dit is ook jammer dat ‘n valse uitslag na die media uitgestuur is en dat die media daaroor berig het sonder verdere ondersoek. Die VF+ oorweeg sy opsies in hierdie verband”, het Mulder gesê.



Vroeër is ook berig dat die polisie klagtes ondersoek teen AfriForum-lede wat moontlik die verkiesingswet oortree het tydens die verkiesing. Volgens Mulder moet die reg sy loop neem. “Dit is belangrik dat verkiesings vry en regverdig moet wees – op elke vlak waar dit plaasvind”, het Mulder gesê.
Jaco Mulder LPW

VF Plus Leier Gauteng

082 466 3786

No comments:

Post a Comment