Thursday, September 23, 2010

VF PLUS BEHAAL 14 SETELS OP TUKS!


Die Vryheidsfront Plus het 14 setels behaal op die SR verkiesing wat op 16 September 2010 op die Universiteit van Pretoria,TUKS,plaasgevind het.

“Die Vryheidsfront TAS het hul tevredenheid uitgespreek, dat die VF Tas meer kandidate as in die verlede aan die Studenteraadsverkiesing aan die Universiteit van Pretoria laat deelneem het en dat studente steeds aangetoon het dat die VF Plus ‘n belangrike rol aan Universiteite te speel het,” het Helgard Cronje, Voorsitter van VF TAS in ‘n verklaring gesê.

Die VF Tas is van oordeel dat die enigste wyse waarop Tukkies regeer kan word, deur sinvolle koalisies tussen verskillende organisasies sal wees, aangesien die ANC strenggesproke ‘n meerderheid in die Studenteparlement kan vorm. Dit is vir VF TAS tog betreurenswaardig dat stemme van groter organisasies tot so ‘n mate verdeel was, dat ‘n besliste regering in die SP, slegs deur koalisies behaal kan word. Die VF Plus is van oordeel dat SASCO op ander kampusse regoor Suid-Afrika reeds bewys het wat hul agenda is en sal ten alle koste toesien dat hierdie agenda nie deur onverantwoordelike stemverdeling by Tukkies ingevoer sal word nie.
Die VF TAS het die studenteraadsverkiesing vir die afgelope 14 jaar gewen en sal deur sinvolle koalisies die kampus kan regeer. Die belangrikste doel van studente politieke organisasies, is om die studenteregte van die onderskeie belangegroepe te beskerm.

VF TAS wil graag alle studente bedank vir die vertroue wat daar in VF TAS en sy kandidate gestel is en is ten alle koste verbind tot die beskerming van studenteregte.

Die uitslae was as volg:

FAKULTEITE:

REGSFAKULTEIT
VF+ 1,AFRIFORUM 1,ANC 1

BSC FAKULTEIT
VF+ 2,AFRIFORUM 0,ANC 2

VEEARTSENY FAKULTEIT
VF+ 1,AFRIFORUM 0,ANC 0

EBW FAKULTEIT
VF+ 1,AFRIFORUM 1,ANC 2

GEESTESWETENSKAPPE FAKULTEIT
VF+ 1,AFRIFORUM 1,ANC 1

GESONDHEIDSWETENSKAPPE
VF+ 1, AFRIFORUM 0, ANC 2

EBIT
VF+ 2,AFRIFORUM 2,ANC 2

OPVOEDKUNDE
VF+0,AFRIFORUM 1,ANC 2

TEOLOGIE
VF+ 0,AFRIFORUM 0,ANC 0

TOTALE VERTEENWOORDIGERS VERKIES BY FAKULTEITE:

ANC 12, VF+ 09 EN AFRIFORUM 06


VERENIGINGS EN KOSHUISE:

AFRIFORUM 29% stemme = 11 Setels
ANC 26% stemme = 10 Setels
VF+ 13% stemme = 05 Setels
DA 13% stemme = 05 Setels
COPE 05% stemme = 02 Setels
UPI 05% stemme = 02 Setels
GENESIS 05% stemme = 02 Setels

TOTALE VERTEENWOORDIGERS VAN ELKE PARTY OP SR:

ANC 22
AFRIFORUM 17
VF+ 14
DA 05
COPE 02
UPI 02
GENESIS 02

No comments:

Post a Comment