Monday, September 13, 2010

VF PLUS Lê KLAG OOR BESKADIGING VAN EIENDOM OP TUKS




Die Vryheidsfront Plus het vandag ‘n klag by die Brooklyn SAPD ingedien oor die beskadiging en verwydering van eiendom op die Tuks-kampus asook moontlike diefstal.







Dit volg nadat die VF Plus se plakkate vir die komende Tuks-studenteraadsverkiesing op 16 September beskadig en verwyder is. Die VF Plus beskik oor videobande van die Universiteit se sekuriteitskameras wat duidelik toon wie die plakkate beskadig en verwyder het. Daar is ook videobande wat duidelik wys wie die persone en die organisasie is wat probeer het om verlede nag by die VF Plus se kantoor op die kampus onregmatige toegang te verkry. ‘n Klag is ook ingedien by die Onafhanklike Verkiesingskommissie op die kampus.



Mnr Awie Erasmus Organiseerder VF+ Tuks Mnr Philip van Staden VF+ Pretoria Streekleier en Mnr Helgardt Cronje VF+ Voorsitter op Tuks.







Die VF Plus is tans die sterkste party op die Tuks-kampus en wen die afgelope 14 jaar die SR-verkiesings. 'n Aantal organisasies op die Tukkies-kampus openbaar 'n venynige houding teenoor die VF Plus aangesien hierdie organisasies poog om politiek op die kampus te stop. Die organisasies probeer hul bes om die VF Plus ten alle koste te benadeel. Die VF Plus is die enigste party wat werklik vir studente se regte opstaan.







Die klagtes is ingedien deur die VF Plus se voorsitter op Tuks, mnr. Helgard Cronje, die organiseerder van die VF Plus op Tuks, mnr. Awie Erasmus en die VF Plus-leier in Pretoria, mnr. Philip van Staden.







Mnr. Philip van Staden



VF Plus Streekleier : Pretoria



084 015 4722

No comments:

Post a Comment