Saturday, September 4, 2010

DASPOORT TONNEL WORD OPGEGRADEER




Die Daspoort tonnel, oftewel die Ollie Denyschen tonnel,in die Wesmoot in Pretoria gaan eersdaags opgegradeer word.

Dit volg na herhaalde gesprekke deur VF Plus Streeksleier,Mnr Philip van Staden,met die Pretoria Metroraad se stadsingenieurs oor die ongelukke wat die afgelope paar maande verskeie mense se lewens in die tonnel geeis het. In Julie 2010 was daar alleen omtrent 06 ernstige ongelukke in die tonnel gewees. Volgens ‘n skrywe wat op Donderdag 02 September 2010 vanaf die Metroraad aan Van Staden gestuur is,is daar gemeld dat die nodige bevele uitgereik en finansies beskikbaar gestel is om die nodige opgradering te verrig en dat hierdie opgradering teen einde November begin Desember 2010 sal begin.Dit sal egter fase een van drie wees.

Die eerste fase se opgradering behels die volgende:
• Oprig van verkeerstekens wat verbygaan in die tonnel verbied,die spoedgrens wat ingeperk gaan word en dat hoofligte van voertuie verpligtend is,
• Oprig van staalbuffers weerskante van die pad buite die tonnel,
• Sigbare merke op die pad en op die sypaadtjies,
• Installering van pad hobbeltjies,klein staal konoppies, om die spoedgrens te beperk.

Van Staden het genoem dat die eerste fase verwelkom word en dat dit reeds die ongelukke gedurende die komende Kersgety sal verlig. Van Staden het ook genoem dat fase twee en drie so spoedig in 2011 inwerking gestel moet word.


Mnr Philip van Staden
VF Plus Streeksleier Pretoria
VF Plus Verteenwoordiger Wesmoot Pretoria
Tel: 084 015 4722

No comments:

Post a Comment